POLOKWANE – Laerskool Pietersburg (Suidskool) het verlede Saterdag ‘n ma- en dogtertee aangebied as fondsinsameling vir die skool se grondslagfase.
Die tema van hierdie tee was Flikkers en Vere.
Volgens Amanda Koekemoer, organiseerder van die ma- en dogtertee, was die geleentheid ‘n reuse sukses en hoop die skool om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.
Micha Bekker was die gaskunstenaar en het die vroue vermaak met gunstelinge soos Thank You for the Music van Abba.
Motiveringspreker, Dalene Pieterse, het met die gaste gepraat oor selfbeeld en hoe elke vrou haar eie potensiaal moet ontdek sodat sy haar vlerke kan sprei en hoë hoogtes kan bereik.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



