NewsSchools

Wiskunde is nie elkeen se maat nie

Die gr. 12-eindeksamen is nou in alle erns aan die gang en die leerders het onder andere die Afrikaans 1-, wiskunde 1- en 2- en Engels 1-vraestelle agter die rug.

POLOKWANE – Die gr. 12-eindeksamen is nou in alle erns aan die gang en die leerders het onder andere die Afrikaans 1-, wiskunde 1- en 2- en Engels 1-vraestelle agter die rug.

Review het met gr. 12-leerders van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gaan gesels om te hoor hoe hulle die twee wiskunde-vraestelle beleef het.

Eleanor Reynecke en Zandré van der Vyfer.
Eleanor Reynecke en Zandré van der Vyfer.

Zandré van der Vyfer het gesê danksy die ure wat sy voor die boeke deurgebring het, was die eindeksamens vir haar makliker as die rekordeksamens wat die leerders in Augustus en September geskryf het.

Eleanor Reynecke, een van Tom Naudé se akademiese uitblinkers wat tydens die onlangse prysuitdeling met ‘n handvol trofeë weggestap het, het vertel dat van haar maats met die wiskunde-vraestelle gesukkel het.

“Vir my was die wiskunde-vraestelle min of meer op dieselfde moeilikheidsgraad as die rekordeksamen s’n, maar dit was beslis nie makliker nie,” het sy verduidelik.

Andrew White en Eugene Scheepers.
Andrew White en Eugene Scheepers.

Andrew White het gesê hy het ekstra hard gewerk om voor te berei vir die eindeksamen.

“Ek het nie goed genoeg gevaar in die rekordeksamen nie en het harder gewerk en meer geleer vir hierdie eksamens.

“Ek het gedink hierdie eksamens se wiskunde-vraestelle was steeds baie moeilik, maar ek sal darem deurkom.”

Eugene Scheepers het gesê hy het die eindeksamens se wiskunde-vraestelle makliker gevind as dié van die rekordeksamen en glo hy sal deurkom.

Vir Reon van der Merwe was party van die wiskunde-vraestelle se afdelings moeilik en ander makliker.

“Daar was geen grys areas nie. In wiskunde is dit reg of verkeerd.

“Vir die rekordeksamen het ek meer gefokus op my opsommings, maar vir die eindeksamens het ek ‘n hele klomp ou vraestelle deurgewerk,” het hy vertel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button