Hanru de Vos ontvang die Orde van die Leeu-trofee van skoolhoof George Klopper. Die trofee word jaarliks toegeken aan 'n leerder wat uitnemende diens lewer.
MOOKGOPHONG – DIE Hoërskool Hans Strijdom van Mookgophong het onlangs hul jaarlikse prysuitdeling aangebied en leerders beloon met trofeë en sertifikate vir hul prestasies deur die jaar.
Ilse Gravett ontvang die trofee vir kultuur-leerder van die jaar (ekstern) van Jan Oosthuizen.Rudolph de Vos oorhandig die sportleerder van die jaar-trofee (ekstern) aan Marie Oosthuizen.Hoërskool Hans Strijdom se leiers vir 2015 is voor: Cindy van der Westhuizen (koshuishoofmeisie), Jodene van Wyk, Lizani Hugo, Ilse Gravett (hoofmeisie), Inge Lubbe, Karla Briel, Venesia Oosthuizen en Bianca Weyers. Agter is Gerdehan Pienaar, Paul Roos, Devan Palmer, Jacques Pretorius (koshuishoofseun), Jan-Louis Senekal (hoofseun), Alexander Gregan, Bernardo Botha en Martin Grobler.Stefan Pretorius is kultuurleerder van die jaar (intern). Attie Snyman oorhandig sy trofee.Willem Dreyer is vanjaar die sportleerder van die jaar (intern). Dr. L.M. Grobler oorhandig sy trofee.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!