NewsSchools

Leerders vertel van planne vir vakansie

LEERDERS van die Westenburg Sekondêre Skool het onlangs hul planne vir die Desembervakansie met Review gedeel.

LEERDERS van die Westenburg Sekondêre Skool het onlangs hul planne vir die Desembervakansie met Review gedeel. Hulle het ook gesels oor hulle droomvakansies.

Denzil Bartman sê hy kan nie wag vir die Desembervakansie nie. "Ek gaan nêrens nie, maar ek kan nie wag om laat te slaap en heeldag niks te doen nie. In die vakansie gaan ek die meeste van my tyd saam met vriende deurbring en by die Westenburg-swembad swem. As ek kon kies waar ek my Desembervakansie kon deurbring, sou ek graag in Pretoria by my ma wou gaan kuier."
Denzil Bartman sê hy kan nie wag vir die Desembervakansie nie. “Ek gaan nêrens nie, maar ek kan nie wag om laat te slaap en heeldag niks te doen nie. In die vakansie gaan ek die meeste van my tyd saam met vriende deurbring en by die Westenburg-swembad swem. As ek kon kies waar ek my Desembervakansie kon deurbring, sou ek graag in Pretoria by my ma wou gaan kuier.”
Carlos Knight sê hy gaan by sy familie in Mara kuier vir die Desembervakansie. "Dis altyd lekker om in Mara te kuier, veral om na die  oumense se stories te sit en luister. Hulle het altyd interestante stories om te vertel van hul jongdae en ek geniet dit baie. Ek kuier ook lekker saam met my neefs en niggies, want ons sien mekaar baie min deur die loop van die jaar. Ek sal graag vakansie wil hou in Namibië, vir die woestyn en die see. Ek was nog nooit buite Suid-Afrika se grense nie."
Carlos Knight sê hy gaan by sy familie in Mara kuier vir die Desembervakansie. “Dis altyd lekker om in Mara te kuier, veral om na die oumense se stories te sit en luister. Hulle het altyd interestante stories om te vertel van hul jongdae en ek geniet dit baie. Ek kuier ook lekker saam met my neefs en niggies, want ons sien mekaar baie min deur die loop van die jaar. Ek sal graag vakansie wil hou in Namibië, vir die woestyn en die see. Ek was nog nooit buite Suid-Afrika se grense nie.”
Kamogelo Letsoalo sê sy het nie enige spesiale planne vir die Desembervakansie nie en gaan in Polokwane wees. "Ek en my familie gaan nêrens vir die vakansie nie, ons gaan lekker by die huis kuier. Ek sien uit daarna om laat te slaap en om heeldag TV te kyk. My droom is om eendag in Durban vakansie te hou. Om die see te sien, die sand tussen my tone te voel en om Ushaka Marine World te beleef."
Kamogelo Letsoalo sê sy het nie enige spesiale planne vir die Desembervakansie nie en gaan in Polokwane wees. “Ek en my familie gaan nêrens vir die vakansie nie, ons gaan lekker by die huis kuier. Ek sien uit daarna om laat te slaap en om heeldag TV te kyk. My droom is om eendag in Durban vakansie te hou. Om die see te sien, die sand tussen my tone te voel en om Ushaka Marine World te beleef.”
Theo Lefember en sy neef, Peebo, sê hulle gaan nêrens hierdie Desembervakansie nie. "Ek gaan by my vriende kuier en videospe-letjies speel. Ek het nie enige spesifieke plek waar ek graag vakansie wil hou nie. Solank ek my familie en vriende by my het, is ek doodgelukkig," sê Theo. Peebo sê hy sou graag by sy familie in Johannesburg wou gaan kuier in die Desembervakansie.
Theo Lefember en sy neef, Peebo, sê hulle gaan nêrens hierdie Desembervakansie nie. “Ek gaan by my vriende kuier en videospe-letjies speel. Ek het nie enige spesifieke plek waar ek graag vakansie wil hou nie. Solank ek my familie en vriende by my het, is ek doodgelukkig,” sê Theo. Peebo sê hy sou graag by sy familie in Johannesburg wou gaan kuier in die Desembervakansie.
Lebo Mametja sê sy gaan by haar ouma in Venda kuier vir die Desembervakansie. "Ek is baie opgewonde om by my ouma te gaan kuier in Venda, want ek gaan meer leer oor die Venda-tradisies en ek sien baie uit daarna. Ek sal graag vakansie wil hou in Johannesburg, want ek was nog nooit daar nie."
Lebo Mametja sê sy gaan by haar ouma in Venda kuier vir die Desembervakansie. “Ek is baie opgewonde om by my ouma te gaan kuier in Venda, want ek gaan meer leer oor die Venda-tradisies en ek sien baie uit daarna. Ek sal graag vakansie wil hou in Johannesburg, want ek was nog nooit daar nie.”
Jevene Flemmert sê hy het nie groot planne vir die Desembervakansie nie. "Ek gaan net hier in Polokwane bly. Ek gaan die meeste van my tyd saam met familie en vriende deurbring en sokker speel. Maar as ek kon kies sou ek eer-der in die Kaap wou wees; lekker by die see."
Jevene Flemmert sê hy het nie groot planne vir die Desembervakansie nie. “Ek gaan net hier in Polokwane bly. Ek gaan die meeste van my tyd saam met familie en vriende deurbring en sokker speel. Maar as ek kon kies sou ek eer-der in die Kaap wou wees; lekker by die see.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button