LOUIS TRICHARDT – Vir die kleuters van Borrels Kleuterskool het Kersfees vanjaar sommer vroeg-vroeg aangebreek toe Kersvader by hulle kom inloer het voordat hy sy lang reis om die aardbol begin het.
Verlede Donderdag kon die kleuters nie hul opgewondenheid beteuel toe hulle hoor dat Kersvader vir hulle kom kuier nie. Ten spyte van hul opgewondenheid, het die kleuters stroopsoet gesit en wag vir Kersvader om op te daag.
Uiteindelik het Kersvader net na 17:00 by die kleuterskool opgedaag, spoggerig op ‘n brandweerwa.
Elke kleuter het ‘n geskenkie by Kersvader gekry en daarna het die jongspan en hul ouers heerlik om die braaivleisvure gekuier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



