NewsSchools

Geliefde onnie tree af na baie dekades

"EK gaan my skoolfamilie mis, veral die omgee vir mekaar," sê Martiens Elmes wat einde vanjaar die leisels neerlê by die Laerskool Krugerpark.

MOKPANE – “EK gaan my skoolfamilie mis, veral die omgee vir mekaar,” sê Martiens Elmes wat einde vanjaar die leisels neerlê by die Laerskool Krugerpark.

Elmes was die afgelope 42 jaar in die onderwys waarvan 32 jaar en agt maande as onderwyser by die Krugies. Sy antwoord som die kern van sy geaardheid op want hy is ‘n gerespekteerde familie- en beroepsman wat ‘n blywende indruk skep.

By die huis is hy pa van vyf dogters, waarvan sy voorbeeld as onderwyser só ‘n indruk op sy kinders gemaak het dat vier van sy dogters in sy voetspore gevolg het en onderwys as loopbaan gekies het.

“Die beste oomblikke van my onderwysloopbaan is, wanneer oud-leerders my jare later raakloop en bedank vir die verskil wat ek in hul lewe gemaak het. Ek vra hul altyd: was dit ten goede of nie ten goede, en hul antwoord is altyd, ‘ten goede Meneer”.

Elmes en sy vrou Alta het vir hulle ‘n kleinhoewe in Kameeldrift in Pretoria gekoop en sien daarna uit om meer tyd saam met hul kinders en kleinkinders te spandeer. Hulle is oupa en ouma van nege kleinkinders.

Elmes wil sy liefde vir hout-en leerwerk beoefen en selfs ‘n bietjie boer, maar hy en sy vrou sien die meeste uit om buite-seisoen die land plat te toer. Dit is vanselfsprekend dat Elmes groot voetspore by Laerskool Krugerpark agterlaat en dat hy geliefd is onder sy kollegas en leerders.

Die skool wens hom en sy vrou alle sukses op die nuwe hoofstuk wat hulle in hul lewe gaan aanpak, toe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button