Suikerbekkie Kleuterskool se Vissieklas geniet 'n trekkerrit by Plaaswerf Naskool en Vakansiesorg tydens 'n uitstappie verlede week.
POLOKWANE – Die kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool het verlede Donderdag en Vrydag by Plaaswerf Naskool en Vakansiesorg gaan kuier.
Die kleuters het hulle uitstappie begin deur die plaasdiere te help voer.
Elke kleuter het elkeen ‘n papiersakkie vol kos vir die skape, bokke, perde, don-kies, hoenders, ganse en varke gekry en gou vriende gemaak met die diere. Hulle het selfs ‘n groot ou skilpad in die tuin ontdek.
Die kleuters het ook heerlik op die speelterrein baljaar en die braafste Suikerbekkies het ook die ritslyn (zip line) aangedurf.
Die kleuters en onderwysers was dit eens dat hierdie uitstappie verseker een van die hoogtepunte van die jaar was.
MC Koch van Suikerbekkie se Pikkewynklas staan en kyk in vervoering na die perde by die Plaaswerf Naskool en Vakansiesorg. Agter hom staan Johan Beeslaar .Gerhard Grobler van Suikerbekkie Kleuterskool se Apieklas probeer die ritslyn tydens die kleuters se uitstappie na Plaaswerf Naskool en Vakansiesorg.Christiaan Strydom en Mia Geldenhuys van Suikerbekkie Kleuterskool geniet die plaaslewe tydens ‘n uitstappie na Plaaswerf Naskool en Vakansiesorg.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!