NewsSchools

Triegies groet gr. 7’s met ‘n erediens

Laerskool Louis Trichardt se gr. 7-leerders, ouers en onderwysers het Maandag 'n afskeidsdiens by die N.G. Kerk Louis Trichardt bygewoon.

LOUIS TRICHARDT – Laerskool Louis Trichardt se gr. 7-leerders, ouers en onderwysers het Maandag ‘n afskeidsdiens by die N.G. Kerk Louis Trichardt bygewoon.

Tydens hierdie diens het die leerders vir oulaas afskeid geneem van hul laerskool en onderwysers.

Die afskeidsdiens is gelei deur ds. Corné Randall en pastoor Grant Clifton. Hester Bayes, ‘n ouer, Louis Linde, skoolhoof, Alida du Preez, vanjaar se hoofmeisie en Roy Stewart, vanjaar se hoofseun, het elkeen geleentheid gekry om die leerders toe te spreek.

Elke leerder het ‘n Bybel van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ontvang en na die diens het hulle heliumballonne met hul name op in die lug vrygelaat en gesê: “vlieg hoog, sprei jou vlerke en droom groot”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button