NewsSchools

Osies geniet laaste pretdag vir 2014

Leerders van Laerskool Pietersburg-Oos het voorverlede Woensdag 'n heerlike dag van sang, piekniek en handwerk by die skool beleef.

POLOKWANE – Leerders van Laerskool Pietersburg-Oos het voorverlede Woensdag ‘n heerlike dag van sang, piekniek en handwerk by die skool beleef.

Die oggend is geopen deur die hele skool wat saam kersliedere gesing het. Daarna het die gr. 4- tot 7-leerders na hul klasse gegaan om aan verskillende handwerkprojekte te gaan werk.

Van die items wat hulle gemaak het, het kersblakers en fotorame ingesluit.

Terwyl die ouer leerders besig was met hul handwerk het die gr. R- tot 3-leerders op die rugbyveld uitgespan en gesmul aan die heerlike eetgoed wat hulle saamgebring het.

Nadat hulle hul knuppeldik geëet was en heerlik gespeel het, het die leerders na die skoolsaal gestroom waar Willie en die Wenspan gewag het.

Willie het die leerders nie net vermaak met gospelliedjies nie, maar ook interaktief betrek.

Willie Nel is ‘n gospelsanger wat interaktiewe vertonings lewer.

Hy betrek leerders by sy optredes en nooi tydens elke vertoning ‘n klomp leerders om saam met hom op die verhoog te klim.

Nadat die gr. R- tot 3-leerders saam met Willie in die saal gekuier het, het die ouer leerders ook ‘n beurt gekry en dit was duidelik dat hulle dit baie geniet het.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button