NewsSchools

Westenburg Sekondêre Skool plant inheems vir ‘n groener omgewing

Retsini Kwekery het Woensdagoggend 30 bome aan Westenburg Sekondêre Skool geskenk.

POLOKWANE – Retsini Kwekery het Woensdagoggend 30 bome aan Westenburg Sekondêre Skool geskenk.

Die skool het onlangs alle uitheemse bome op die skoolterrein verwyder.

Jimmy Steele, waarnemende hoof van die skool, sê die uitheemse bome het baie water gebruik en was ook giftig. Daarom het die skool besluit om die bome te verwyder.

Die bome wat aan die skool geskenk is, is almal inheemse bome en vyf soorte is geplant; witstinkhout-, vaderlandswilg-, rooi karee-, wildepruim- en apiesdoringbome.

Hugo van Zyl, bestuurder van Retsini Kwekery, het gesê die bome moet drie keer per week water kry vir die eerste ses weke nadat hulle geplant is.

“Na die eerste ses weke kan die bome een keer per week natgemaak word,” het Van Zyl verduidelik.

Die hoof, leerders en personeel het Retsini Kwekery bedank vir die groot skenking.

“Ons gaan hierdie bome goed versorg. Dit is ‘n aanwins vir ons,” het Steele gesê.

Onderwysers, leerders en departementele beamptes het gehelp om die bome te plant.

Jimmy Steele (Westenburg, hoof) ontvang 'n skenking van 30 bome vanaf Rentsini Kwekery. Hugo van Zyl (Retsini Kwekery, bestuurder) oorhandig die bome aan Steele.
Jimmy Steele (Westenburg, hoof) ontvang ‘n skenking van 30 bome vanaf Rentsini Kwekery. Hugo van Zyl (Retsini Kwekery, bestuurder) oorhandig die bome aan Steele.
Hugo van Zyl  (Rentsini Kwekery, bestuurder) hy help vir Hellen Peasall (departement van onderwys,waarnemende kringbestuurder om een van die 30 bome wat Rentsini Kwekery aan Westenburg Sekondêre Skool geskenk het, te plant in die skool se tuin.
Hugo van Zyl (Rentsini Kwekery, bestuurder) hy help vir Hellen Peasall (departement van onderwys,waarnemende kringbestuurder om een van die 30 bome wat Rentsini Kwekery aan Westenburg Sekondêre Skool geskenk het, te plant in die skool se tuin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button