POLOKWANE – Die gr. R-groep van Laerskool Pietersburg-Oos het verlede Dinsdag trots nadergestaan om amptelik te “gradueer” en hul laerskoolloopbane te begin.
Tydens dié “gradeplegtigheid” het die gr. R’e elkeen oor die verhoog gestap, geklee in toga en akademiese keppie.
Op die verhoog het elke leerder ‘n handdruk en sertifikaat van skoolhoof Lizette Olivier ontvang, asook ‘n drukkie van hul klasonderwysers.
Ouers het gehoor wat die top tien ervarings van ‘n gr. R se jaar behels; entoesiasme, fantasie, geloof, humor, ontwikkeling, opregtheid, sêgoed, die tandemuis, waagmoed en wysheid.
Die Kundermusik-groep het ook ‘n paar liedjies gespeel.
Om die aand af te sluit het elke gr. R-leerder die geleentheid gekry om ‘n klok te lui en só hul laerskoolloopbane in te wy.



