NewsSchools

Kersmoeder kom kuier by Smurfies Dagsorg

Smurfies Dagsorg en Naskoolsentrum het Vrydag hul jaarlikse kerspartytjie by die sentrum aangebied.

LOUIS TRICHARDT – Smurfies Dagsorg en Naskoolsentrum het Vrydag hul jaarlikse kerspartytjie by die sentrum aangebied.

Die kinders was baie opgewonde om te hoor dat Kersvader by hulle wil kom kuier en het kort-kort om die muur geloer om te sien of hy nie al oppad is nie.

Uiteindelik het Kersmoeder opgedaag en die kinders kon hul nuuskierigheid nie beteuel nie.

“Wie is jy en waar is Kersvader,” het Nicole van den Heever gevra.

Kersmoeder, vrywilliger Martie Haasbroek, het verduidelik dat Kersvader op ‘n skip in die Noordpool is om ander kinders se geskenke te gaan haal. Daarom moes sy in haar man se plek kom om vir die Smurfies te kuier.

Die kinders het hulle geskenke een vir een by Kersmoeder gaan haal en elk-een ook ‘n lekkergoedpakkie en ‘n yslike stuk koek gekry.

Vir party van die kleiner kinders was die oomblik te groot en die trane het geloop toe hulle op Kersmoeder se skoot moes sit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button