NewsSchools

Louis Trichardt se gr. 7’s praat oor 2015

Review het met 'n paar gr. 7-leerders van Louis Trichardt gepraat om te hoor hoe hulle oor die komende hoërskoollewe voel en wat hulle dink vir hulle voorlê.

LOUIS TRICHARDT – Die jaar staan op sy kop en leerders maak gereed om ‘n luilekker somervakansie te geniet.

Daar is egter ‘n groep leerders wat in Ja-nuarie ‘n nuwe wêreld gaan betree wanneer hulle vir die eerste keer by hul onderskeie hoërskole sal aanmeld.

Review het met ‘n paar gr. 7-leerders van Louis Trichardt gepraat om te hoor hoe hulle oor die komende hoërskoollewe voel en wat hulle dink vir hulle voorlê.

Suné Beukes.
Suné Beukes.

Suné Beukes het vertel dat sy van volgende jaar af ‘n leerder aan die Hoërskool Wonderboom in Pretoria sal wees.

“Vir my beteken dit ‘n baie groot aanpas-sing, want ek gaan nie by ‘n skool in my tuisdorp inval nie. Ek is bang vir die aanpassing, maar sien uit na hierdie nuwe fase van my lewe en die uitdagings wat dit inhou.

“Hoërskool Wonderboom is twee keer groter as die skool waaraan ek nou gewoond is. Ek het Wonderboom gekies omdat hulle standaarde van akademie en kultuurak-tiwiteite baie hoog is en omdat hulle dans-klasse aanbied,” het sy verduidelik.

Alida du Preez.
Alida du Preez.

Laerskool Louis Trichardt se hoofmeisie, Alida du Preez, het gesê sy het ‘n skool ge-kies wat haar baie na aan die hart lê.

“Ek gaan volgende jaar by Hoërskool Pie-tersburg (PHS) in Polokwane inval. Hierdie skool is bekend vir hul goeie sportprestasies. Ek het PHS gekies omdat ek sportmal is en hulle bied ‘n wye verskeidenheid sportsoorte aan. PHS handhaaf ook ‘n baie hoë akademiese standaard. As jy nie slim daar instap nie, gaan jy beslis slim daar uitstap. Ek het gehoor as jy nie goed genoeg vaar in ‘n vak nie, is ekstra klasse verpligtend,” het sy gesê.

Rahmaa Ayob.
Rahmaa Ayob.

Rahmaa Ayob het vertel dat sy en haar tweelingsuster by die Madressa-Muienul-Islam College in Johannesburg sal aansluit volgende jaar.

“Ek is opgewonde om nuwe maats te maak en ook om Arabies en Urdu te leer praat. My grootste vrees is dat ek huistoe gaan verlang, want die skool is baie ver. Ek glo dat alles volgende jaar vir ons sal goed gaan,” sê Rahmaa.

Rachel Ayob.
Rachel Ayob.

Rachel Ayob, Rahmaa se tweelingsuster, het vertel dat hulle Madressa-Muienul-Islam College gekies het omdat hulle ma ook ‘n leerder van dié kollege was.

“Ek kan nie wag om al die nuwe uitda-gings aan te pak nie,” het Rachel gesê.

Dewald van der Westhuizen.
Dewald van der Westhuizen.

Dewald van der Westhuizen het gesê hy sal volgende jaar by Hoërskool Louis Tri-chardt aansluit.

“Ek kan nie meer wag vir volgende jaar nie. Ek sien veral uit na die rugbyseisoen en wil een van die toppresteerders in gr. 8 wees.”

Michelle Burger.
Michelle Burger.

Michelle Burger het ook gesê sy sal ook volgende jaar ‘n Triegie wees.

“Ek sien baie uit na al die nuwe uitda-gings, maar ek gaan die laerskool en my onderwysers mis,” het sy vertel.

Khodani Kubayi.
Khodani Kubayi.

Khodani Kubayi het gesê sy voel sy is nou gereed om aan te beweeg.

“Ek gaan volgende jaar by Hoërskool Louis Trichardt inval. Die akademiese prestasies van die skool is baie goed. Ek sal ook nogsteeds vanuit my ouerhuis skool toe kan gaan. Ek sal elke oggend wakker word met die reuk van ontbyt in die lug.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button