NewsSchools

Teddies leer hoe hul liggies ander help

Maak nie saak hoe groot, maak nie saak hoe klein, almal het 'n liggie; so laat dit skyn. Dit was die boodskap wat die Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se kleuters Maandag in kleur en klank ontvang het tydens 'n spesiale konsert.

POLOKWANE – Maak nie saak hoe groot, maak nie saak hoe klein, almal het ‘n liggie; so laat dit skyn.

Dit was die boodskap wat die Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se kleuters Maandag in kleur en klank ontvang het tydens ‘n spesiale konsert.

Deidré Kritzener van Educate and Fascinate het met behulp van ‘n storie oor goggatjies verduidelik hoe selfs die mees onvolmaakte skepsel behulpsaam kan wees.

“Ek leer die kinders dat dit nie saak maak hoe groot of klein jy is nie, elkeen het ‘n liggie wat moet skyn,” het Deidré vertel.

Educate and Fascinate is ‘n organisasie sonder winsbejag wat toneelstukke gebruik om opvoedkundige boodskappe oor te dra.

Die kleuters is betrek by die storie deur die karakters se rolle te vertolk.

Soos die storie verloop het, het Deidré kleuters uit die gehoor geroep en in storiekarakters verander deur kostuums. Die Osieteddies het karakters soos Oscar Uil, Barry By, Lucy Ladybug, Bienkie Skoenlapper, Willie Wurm en Ronnie Renosterbesie uitgebeeld.

Foto’s

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button