NewsSchools

Gr. R-kamp propvol pret

Vanjaar se gr. R-leerders van Akademie Reformia vertel dat mens groot is wanneer jy binnekort in gr. 1 gaan wees, en dit beteken mens mag dan uitslaap.

POLOKWANE – Vanjaar se gr. R-leerders van Akademie Reformia vertel dat mens groot is wanneer jy binnekort in gr. 1 gaan wees, en dit beteken mens mag dan uitslaap.

Die skool se gr. R’e het Vrydagaand by die skool “gekampeer” in die skoolsaal onder die wakende oog van hulle juffrou, Karin Gouws.

Met tassies vol speelgoed, kussings en getroue teddiebere het die leerders hul opwagting by die saal gemaak. Vir die mammas en pappas was dit maar moeilik om van hul gr. R’e afskeid te neem, maar die maats het dadelik begin speel.

Elke leerder ‘n worsrolletjie gekry vir aandete en kort voor lank was die saal rustig en die leerders diep in droomland.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button