"Die lekkerste deel van Kersfees is wanneer my ouers ons kinders vroegoggend op Kers-dag wakkermaak en dan word daar saam presente oopgemaak," sê Justin Nel, onderhoofseun van Krugies. Justin gaan sy Desembervakansie in Bali en Indonesië spandeer en daarna gaan hy die branders platduik in Umhlanga. "Ek is nuuskierig oor my hoërskooltoekoms by Hoërskool Piet Potgieter. As Krugie gaan ek dit die meeste mis om mnr. Smit se witbroodjie te wees. My hoogtepunt was toe ek as krieketkaptein gekies is."
Bosveld het by Laerskool Krugerpark gaan inloer en met die leiers van 2014 gesels oor hul vakansieplanne, hoe dit voel om ‘n Krugie te wees en wat op hulle wag na gr. 7.
René Buitendag, onderhoofmeisie van die Krugies, sien die meeste daarna uit om haar sussie se baba, Michke, se doop op Kersdag by te woon en om te kan laatslaap. “Ons gaan bietjie Durban toe vir die vakansie en op oukers-aand mag ons elkeen die kleinste presentjie oopmaak,” se René. “Ek is opgewonde om volgende jaar in gr. 8 te wees en sien veral uit na die ontgroening in die hoërskool. Die lekkerste tye as leerder van Krugerpark was veldskool, en om die gr. 6’e te ontgroen.”Lenita Cilliers is die hoofmeisie van Laerskool Krugerpark. “Die beste oomblik van my lewe as ‘n Krugie was toe ek as hoofleier aangewys is,” sê Lenita. Sy is vreeslik opgewonde oor haar vakansie wat sy gedeeltelik op hul plaas buite Mokopane gaan geniet en om Kersfees in Balitobaai te vier. “Ons het ‘n Kersfeestradisie waar die hele familie bymekaarkom en op oukersaand geskenke oopmaak. Die lekkerste gedeelte van vakansie vir my is om heerlik saam my maats te kuier.” Lenita sê sy is opgewonde eFrancois Birkholtz is 2014 se hoofseun van Laerskool Kruger Park. Tuis is hy die middelste van drie kinders. Francois sê die lekkerste deel van vakansie is geen skool nie. Hy sien die meeste daarna uit om Kersfees saam met sy familie te spandeer en na hul seevakansie in Durban. Sy hoogtepunt as ‘n Krugie was toe hulle die Top 10-swemgala in Tzaneen gewen het. “Ek is baie opgewonde om my hoërskoolloopbaan aan te pak.” Francois gaan aanstaande jaar by die Hoër Tegniese Skool Middelburg inval.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!