Jan Gerhard Venter is bekend as die slimkop en het vanjaar die dux trofee (seun) opgeraap. Hy vertel wiskunde is sy gunsteling vak en hy het alte lekker aan dié vraestel geskryf. Sy wiskunde-onderwyser, Erndina Viljoen, het met haar passie en ondersteuning die grootste indruk op hom gemaak. 'n Hoogtepunt was toe HPP vanjaar interhoër gewen het. Hy was een van die dirigente wat gesorg het dat die skool die gees en sangbeker inpalm. Hy was die afgelope drie jaar lid van die eerstekrieketspan. Met
MOKOPANE – Vir die laaste keer in die Blou HPP uniform geklee. Twee van Hoërskool Piet Potgieter se uitblinkers gesels oor hul vakansie- en toekomsplanne.
Jan Gerhard Venter is bekend as die slimkop en het vanjaar die dux trofee (seun) opgeraap. Hy vertel wiskunde is sy gunsteling vak en hy het alte lekker aan dié vraestel geskryf. Sy wiskunde-onderwyser, Erndina Viljoen, het met haar passie en ondersteuning die grootste indruk op hom gemaak. ‘n Hoogtepunt was toe HPP vanjaar interhoër gewen het. Hy was een van die dirigente wat gesorg het dat die skool die gees en sangbeker inpalm. Hy was die afgelope drie jaar lid van die eerstekrieketspan. Met“Gaan groot of gaan huis toe!” Dit is Johan Senekal se lewensleuse. “Die hoogtepunt van my skoolloopbaan was die kaskarresies en fondsinsameling in 2013, waar ons ‘n tweede plek behaal het.” Johan het ‘n passie vir klippe en die geomorfologie van die aarde en dit is een van die redes waarom hy geologie aan die Universiteit van Noordwes gaan studeer. Sy geografie-onderwyser, Johan van der Merwe was ‘n aansporing en het ‘n groot indruk op hom gemaak. Erndina Viljoen is die onderwyser by HPP wat t
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!