NewsSchools

Osieteddies hou ‘n Kersfees-piekniek

Kersvader het verlede Vrydagaand by Osie-teddies Kleinkindontwikkelingsentrum gekuier

POLOKWANE – Kersvader het verlede Vrydagaand by Osie-teddies Kleinkindontwikkelingsentrum gekuier en die kleuters het vroegaand al opgewonde gewag vir dié jolige man om sy opwagting te maak.

Die kleuters, hul ouers en onderwysers het, gewapen met piekniekmandjies propvol heerlike kos, op Kersvader se koms gewag tydens die skool se jaarlikse kerspartytjie.

Net na sononder het Kersvader opgedaag, kompleet met ‘n yslike boepmaag en ‘n groot sak vol geskenke.

Vir ‘n paar kleuters was die oom in rooi ‘n vrees-aanjaende gesig en hulle het eerder agter ma of pa weggekruip.

Die kleuters het elkeen ‘n geskenk gekry en kon nie wag om die kleurvolle geskenkpapier af te skeur en met hulle nuwe speelgoed te begin speel nie.

(FOTO’S)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button