LEERDERS van Westenburg Sekondêre Skool vertel vir Review wat hulle gunsteling vakke is en watter vakke hulle graag by die skool sou wou hê wat nie tans aangebied word nie.
Christeline Arends sê sy hou van Afrikaans as vak, want dit is haar huistaal en sy verstaan dit. "Ek wil graag hê daar moet rekeningkunde by die skool aangebied word. Op die oomblik is daar net rekeningkunde vir die Engelse klasse. Ek dink reke-ningkunde is 'n goeie belegging vir leerders, want daar is verskeie werksgeleenthede vir mense wat hierdie vak geneem het."
POLOKWANE – LEERDERS van Westenburg Sekondêre Skool vertel vir Review wat hulle gunsteling vakke is en watter vakke hulle graag by die skool sou wou hê wat nie tans aangebied word nie.
Abram Hamilton sê sy gunsteling vak is le-wensoriëntering omdat die werk handel oor sake wat die samelewing elke dag raak. “Dit wat ons in die klas leer, kan ek in my daaglikse omstandighede toepas. Die vak is nie net teorie nie, maar daar is ook praktiese oefe-ninge wat ons doen. Ek wil graag hê die skool moet aardrykskunde aanbied.”David Thomspon sê hy wil graag hê die skool moet aardrykskunde aanbied. “Dit is ‘n baie interessante vak en ‘n mens leer baie van jou eie land, ander lande en die klimaat. My gunsteling vak op skool is geskiedenis, want ek hou daarvan om meer te leer van ons land en ander lande se geskiedenis.”Barend Heyns sê hy hou van wiskunde, want hy hou daarvan om met syfers te werk. “Ek wil graag hê die skool moet rekeningkunde aanbied, want ek wil eendag ‘n besigheidsman wees en rekeningkunde en wiskunde kan my ‘n hupstootjie gee in daardie rigting.”Chrissie Knight sê sy haar gunsteling vak is sosiale wetenskappe, want sy hou veral van kaartwerk. “Dit is ‘n interessante vak, want mens leer meer oor ander plekke en waar dit geleë is. Ek wil graag eendag regoor Suid- Afrika toer. Sosiale wetenskappe gee vir my ‘n voorsmakie van wat vir my voorlê. Ek wil graag hê die skool moet rekeningkunde aanbied.”Shannon Sacco sê sy wil graag hê die skool moet wiskunde aanbied en nie net wiskunde geletterdheid nie. “Ek dink wiskunde is beter, want ek verstaan dit beter as wiskunde geletterdheid. My gusteling vak op skool is Afrikaans, want dis my huistaal.”Laurina Esau sê sy wil graag hê die skool moet rekeningkunde aanbied, want sy hou daarvan om met syfers te werk en boeke te balanseer. “My gunsteling vak op skool is Afrikaans, want dis my huistaal. Ek gebruik dit elke dag.”Alvida Esau sê sy geniet Afrikaans want dit is haar huistaal en sy verstaan dit goed. Sy wil graag hê die skool moet rekeningkunde aanbied.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!