NewsSchools

PHS bedank vriende

Oud-leerders, onderwysers, ouers en die beheerliggaam van die Hoërskool Pietersburg (PHS) is onlangs by die skool onthaal om dankie te sê vir hulle toewyding aan die skool.

POLOKWANE – Oud-leerders, onderwysers, ouers en die beheerliggaam van die Hoërskool Pietersburg (PHS) is onlangs by die skool onthaal om dankie te sê vir hulle toewyding aan die skool.

Die gaste het aan tafel gesit in die skool se matriekblok en het heerlik saamgekuier oor vingerhappies en vrugtesap.

Skoolhoof Willie Schoeman het die gaste bedank vir hul bydrae tot die skool se sukses op verskeie vlakke.

Hy het verduidelik dat elke persoon se insette by die skool baie belangrik is om die skool se sukses te verseker.

“Daar is nie altyd woorde om dankie te kan sê vir alles wat gedoen word nie en daarom maak ons gebruik van ‘n aand soos vannaand om almal bymekaar te kry en dankie te sê,” het Schoeman gesê.

Hy het ook tydens sy toespraak oor verskeie groot projekte gepraat insluitend die skool se astro-oppervlak hokkiebaan en die opgrade-ring van die eerstenetbal- en -rugbyspanne se kleedkamers sowel as die nuwe ligte wat by die netbalbane opgesit is.

‘n Ander punt wat hy aangeraak het, was die ver-kiesing van die nuwe beheerliggaam wat in Maart volgende jaar sal plaasvind en hy het genoem dat dr. Manny Kruger dan as voorsitter van die beheerliggaam sal uittree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button