POLOKWANE – Estie se Dagskool in Florapark het verlede Saterdag die jaar afgesluit met ‘n partytjie.
Die tema van die partytjie was die weermag en die kleuters het volgens die tema aangetrek.
Terwyl die kleuters baljaar het, het die ouers onder ‘n skadunet in kamoefleer-kleure gekuier.
Elke ma het ‘n potplant as geskenk gekry en die pa’s het elkeen ‘n rantsoenpak gevul met eetgoed gekry.
Die kleuters het elkeen ‘n lekkergoedpakkie en ‘n kolwyntjie gekry om aan te smul.
Estie O’Toole, eienaar van Estie se Dagsorg, het vertel dat hierdie dagsorgfasiliteit al vir 22 jaar bestaan. Sy het gesê dat sy en haar twee werknemer daagliks na 20 kleuters omsien.
“Ons akkommodeer kleuters van babatyd af totdat hulle gereed is om na gr. R te gaan,” het sy verduidelik.



