POLOKWANE – Weefrekkies (loombands) is deesdae hoog in die mode en die Voortrekkers het vanjaar ‘n kompetisie geloods waarin penkoppe en drawwers kunstige items moes maak met hierdie weefrekkies.
Dit was ‘n nasionale kompetisie waarin die gr.7-Voortrekkers saam met ‘n maat, wat nie ‘n lid van die Voortrekkers is nie, aan die projek moes werk. Hulle kon slegs die Voortrekkers se kleure gebruik om die items te maak; rooi, wit en blou.
Stefanie Roets, ‘n voortrekker van die Doornkraal Voortrekkerkommando, en haar vriendin, Miemie Saaiman, het die kompetisie saam aangepak en ‘n ring, armband, blom en haas van die rekkies gemaak.
Beide die meisies is leerders van Akademie Reformia. Stefanie en Miemie het uiteindelik die nasionale kompetisie gewen en met die louere weggestap.
Hulle het geskenkpakke ter waarde van R1 000 elk van A Peace of Art wen.



