NewsSchools

Leerders beloon vir prestasies en werk

Verlede Vrydag het die leerders, ouers en onderwysers van Laerskool Pietersburg (Suidskool) die skool se jaarlikse prysuitdeling bygewoon.

POLOKWANE – Verlede Vrydag het die leerders, ouers en onderwysers van Laerskool Pietersburg (Suidskool) die skool se jaarlikse prysuitdeling bygewoon.

Leerders is beloon vir hul prestasies op sport-, kultuur en akademiese gebied.

‘n Ouer, Melissa Schutte, het aan Review gesê dat sy seker is die leerders voel soos supersterre, want die kameras het nooit ophou flits nie.

“Dit is wonderlik as die leerders presteer en dit motiveer hulle ook. Hulle leer harde werk is nie verniet nie en kry erkenning daarvoor,” het sy gesê.

Hoofpryswenners:

• Xavier Oosthuizen, beste gemeenskapsdiens.

• Christelle Swart, junior skaakspeler van die jaar.

• Bernardus de Villiers, senior skaakspeler van die jaar.

• Monéne Anker, meisiesredenaar van die jaar.

• Cor Müller, seunsredenaar van die jaar.

• Kayla Snyman, netbalspeler van die jaar.

• Nicky Bam, seunsatleet van die jaar.

• Chantel Wreyford, meisiesatleet van die jaar.

• Christine Rossouw, meiisieshokkiespeler van die jaar.

• Tewis Willemse, seunslandloopatleet van die jaar.

• MC Claassen, seunshokkiespeler van die jaar.

• Glen Bezuidenhout, krieketspeler van die jaar.

• Lohandi Schutte, meisieslandloopatleet van die jaar.

• Kayla Jansen van Vuuren, jukskeispeler van die jaar.

• Japie Wentzel, sportseun van die jaar.

• Juan-Jacques Joubert, rugbyspeler van die jaar.

• Minette du Preez, sportmeisie van die jaar.

• Chervaque Oosthuizen, tennisspeler van die jaar.

• Liezl Schoeman, Dux-leerder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button