NewsSchools

R100 000 se wins na trollieresies

Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) het in die eerste week van November hul jaarlikse trollieresies by die skool aangebied.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) het in die eerste week van November hul jaarlikse trollieresies by die skool aangebied.

Hierdie resies is ‘n wedywering tussen spanne wat uit leerders bestaan en dien as fondsinsameling vir die skool.

Die leerders het hul kreatiwitiet vrye teuels gegee en met die mees interessante uitrustings en spanname na vore gekom.

In die weke voor die resies, het die leerders geld ingesamel deur borgskappe. Hulle kon kontantborge werf of mense vra om hul spanne per ronde te borg.

Verlede week het Noordskool se administrasiespan hul laaste somme gemaak het aangekondig dat vanjaar se trollieresies sowat R100 000 vir die skool ingesamel het.

Die wenners is in die volgende kategoriee aangewys:

• Die meeste geld ingesamel per huisgesin:

1. Ocean en Sky Gouws.

2. Lehumo en Mmathabi Mahlobogwane.

3. Nyiko en Wisani Baloyi.

• Die individue wat die meeste geld ingesamel het:

1. Jaq-Marie Cronje.

2. Maryke Brink.

3. Sky Gouws.

• Spesiale toekennings het gegaan aan die leerders wat die meeste moeite gedoen het:

1. Elcasia Stander en Sharon Scheepers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button