NewsSchools

Nicolai in ekstase oor sy uitslae

Nicolai van Niekerk, gr. 12- leerder in 2014 aan MECS (Mokopane English Combined School) is een van hierdie leerders wat in ekstase was oor sy spog uitslae nadat hy ses onderskeidings ingepalm

MOKOPANE – GROOT verligting, groot feesvier en groot drome. Nou is dit amptelik die lewe na skool! Talle matrieks het behoorlik gejuig van blydskap nadat hulle matrieksertifikate uitgedeel is.

Nicolai van Niekerk, gr. 12- leerder in 2014 aan MECS (Mokopane English Combined School) is een van hierdie leerders wat in ekstase was oor sy spog uitslae nadat hy ses onderskeidings ingepalm het. “Ek was ongelooflik senuweeagtig vir my uitslae en het ‘n doelwit van ten minste vyf onderskeidings vir myself gestel. Vandag is ek verlig en dankbaar vir my ses onderskeidings. My familie is erg trots en het saam met my hierdie prestasie beklink met ‘n glasie welverdiende sjampanje,” sê Nicolai.

Hy sluit die 17de Januarie aan by die Universiteit van Pretoria waar hy BS.c IT (Information Technology) gaan studeer. ” Ek sien die meeste uit na die vryheid, stadslewe, nuwe uitdagings en die ontmoeting van nuwe mense gedurende my studentelewe,” sê Nicolai.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button