NewsSchools

Pret Gr. 8-Kamp by PHS

Maandag en Dinsdag het vanjaar se nuwe gr. 8-leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) 'n geleentheid gekry om die skool solank te verken en mekaar ook beter te leer ken.

POLOKWANE – Maandag en Dinsdag het vanjaar se nuwe gr. 8-leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) ‘n geleentheid gekry om die skool solank te verken en mekaar ook beter te leer ken.

Elke jaar bied PHS ‘n inligtings-geleentheid vir die gr. 8’s aan wat bekendstaan as die Gr. 8-Kamp voordat die skooljaar amptelik begin.

Maandag het die leerders PHS se skoolhoof, Willie Schoeman, en hulle onderwysers vir die jaar ontmoet in die skoolsaal.

Dinsdag het hulle die skool se terrein verken en spangees gebou tydens ‘n spesiale Amazing Race wat deur organiseerder Lindie van der Merwe aangebied is.

Die leerders moes in die storieboom klim om sleutels te kry, ‘n eiermengsel drink, ballonne bars om letters te kry waarmee hulle woorde moes bou en ook krete skryf en uitvoer.

Van der Merwe het gesê sy het gedink so ‘n resies sal die ideale manier wees vir die leerders om die skoolterrein op ‘n prettige manier te verken.

Die Gr. 8-Kamp is by die skoolswembad afgesluit waar die leerders geswem, gedans en speletjies gespeel het.

FOTOS: (Pret Gr.8-kamp by PHS)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button