NewsSchools

100% matriekslaagsyfer reeds 5 jaar in ‘n ry is Kruinies se trots

Curro Heuwelkruin Hoërskool het vanjaar weereens 'n 100% matriekslaagsyfer behaal.

POLOKWANE – Curro Heuwelkruin Hoërskool het vanjaar weereens ‘n 100% matriekslaagsyfer behaal.

Volgens skoolhoof Eben Lingenfelder, het Curro Heuwelkruin sedert hulle eerste gr. 12-groep vyf jaar gelede gematrikuleer het, elke jaar ‘n 100% slaagsyfer behaal.

“Al ons matrikulante het uitstekend gevaar in die eindeksamen verlede jaar en 81% het toelating tot graadstudies gekry.

Die ander 19% kandidate het toelating tot diploma-studies gekry,” het hy vertel.

Curro Heuwelkruin het ‘n toekenning ontvang vir akademiese uitmuntendheid tydens Curro Holdings se nasionale prysuitdelingsfunksie verlede week.

Lingenfelder het verduidelik dat spesifieke kriteria bepaal watter skole hierdie toekenning ontvang.

Die kriteria is as volg:

• ‘n 100% slaagsyfer;

• Ten minste 85% van alle kandidate moet toelating tot verdere studies behaal, en

• ten minste 60% van alle kandidate moet wiskunde as vak neem en die skoolgemiddeld vir Wiskunde moet bokant 60% wees.

“Heuwelkruin het hierdie toekenning ontvang op grond daarvan dat die skool jaarliks ‘n 100% slaagsyfer handhaaf, 85% van die matrikulante het geslaag met toelating tot verdere studies terwyl 77% van die matrikulante wiskunde as vak geneem het en ‘n vakgemiddeld van 64,55% behaal het,” het Lingenfelder verduidelik.

Slegs drie Curro-skole het gekwalifiseer vir hierdie toekenning: Curro Grantleigh Private School in KwaZulu- Natal, Curro Woodhill College in Gauteng en Curro Heuwelkruin in Limpopo.

“Hierdie toekenning onderstreep weereens die feit dat Curro Heuwelkruin die top akademiese skool in Polokwane is,” het Lingenfelder gesê.

“Drie matrikulante het elk sewe onderskeidings in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eindeksamen behaal.”

Werno Katzke het ‘n gemiddeld van 88,86% behaal. Benewens 96% vir wiskunde en 90% vir fisiese wetenskappe, het Werno ook onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, inligtingstegnologie en lewenswetenskappe behaal, en ‘n B-simbool vir addisionele program wiskunde.

Werno se naam is ook bygevoeg op die IEB se lys van prysenswaardige presteerders. Om op hierdie gesogte lys te verskyn, moes matrikulante in ten minste vyf vakke onder die top 5% kandidate landswyd eindig en meer as 80% vir lewensoriëntering behaal.

Carla Koen het ‘n algehele gemiddeld van 85,29% behaal.

Sy het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, dramatiese kunste, fisiese wetenskappe en lewenswetenskappe behaal.

Esté Robberts het ‘n gemiddeld van 84,86% in die eindeksamen behaal met onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, wiskunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en ook in visuele kunste.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button