NewsSchools

Gekam en gekous

Laerskool Krugerpark spog vanjaar met 135 gr.1's en 58 inskrywings in hul gr.R klas

MOKOPANE – HULLE hare is netjies gekam, hulle uniforms is splinternuut en hul glimlag van oor tot oor, gereed om gr. 1 met geesdrif aan te pak.

Talle gr.1’s het Woensdag vir die eerste keer hul skooluniform aangetrek en breëbors by hul klaskamers, in verskeie skole in Mokopane, ingestap terwyl ma agterbly met ‘n traan in die oog.

“Ek is baie opgewonde vir my eerste dag in die groot skool.

Ek gaan hard werk, want ek wil graag eendag ‘n veearts wees en na almal se katte kyk,” sê Kaylin Wessels ‘n graad een leerder aan Laerskool Krugerpark.

Laerskool Krugerpark spog vanjaar met 135 gr.1’s en 58 inskrywings in hul gr.R klas, wat hierdie jaar sy tweede verjaarsdag vier.

Hulle fokus is op die waardegedrewe stelsel wat die skool verlede jaar met groot sukses geimplementeer het.

Mosa Mawela, ‘n gr.1 leerder van Mokopane Primary School, is baie opgewonde om sy skoolloopbaan in Anette van der Wal se klas te begin.

Mokpane Primary School het hierdie jaar ‘n stewige getal van 160 gr.1’s en 88 gr. R leerders. “Ons wil vir al ons leerders die beste moontlike onderrig gee wat ons kan bied,” sê skoolhoof Ockert.

By Mokopane English Primary School (MEPS) het die gr.1’s reeds hul eerste pouse geniet en vol vreugde maatjies gemaak toe Bosveld by hul gaan kuier het. MEPS het vanjaar 41 gr.1’s en 33 gr. R leerders.

Die Potgietersrus CVO Skool is baie trots op hul 17 gr.1’s en 11 gr. R leerders wat die jaar op ‘n hoë noot by hul begin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button