NewsSchools
Matriekpresteerders vir 2014
MOKOPANE – JAN Gerhard Venter van Hoërskool Piet Potgieter het 11 onderskeidings opgeraap en dit het behoorlik op Bosveld se Facebook-blad gegons soos mense die skakel met sy storie gelees en gedeel het. Daar is ook ander leerders wat uitgeblink het en vir hulle is dit ‘n bittersoet begin wanneer hulle vandeesmaand met groot opgewondenheid …
MOKOPANE – JAN Gerhard Venter van Hoërskool Piet Potgieter het 11 onderskeidings opgeraap en dit het behoorlik op Bosveld se Facebook-blad gegons soos mense die skakel met sy storie gelees en gedeel het.
Daar is ook ander leerders wat uitgeblink het en vir hulle is dit ‘n bittersoet begin wanneer hulle vandeesmaand met groot opgewondenheid die nuwe avontuur van studentwees aanpak en met groot hartseer die bekendheid van skoolgaan groet.

Vir Dedré was elke vak ‘n uitdaging op sy eie manier, maar die wiskundevraestel was die taaiste van die lot. Sy het die lekkerste aan haar Engelse vraestel geskryf. Hulle het as gesin haar spoguitslae en haar broer se verjaardag in Polokwane gaan vier met ‘n lekker uiteet-bederf.
“My raad aan die matrieks vir 2015 is, werk hard, glo in God en wees betrokke by al die skoolaktiwiteite. Dit is die lekkerste tye en die beste herinneringe wat jy vir altyd saam jou gaan dra,” sê Dedré.
Sy begin haar nuwe hoofstuk as student by die Universiteit van Noordwes waar sy B.com finansiële rekenmeesterskap gaan studeer. Dedré sê sy sien die meeste uit na die kos-huislewe, nuwe uitdagings en om uit haar gemaksone te tree.

Sy sien uit na die saamdrom van studente en die onafhanklikheid wat studentwees haar sal bied by die Universiteit van Noordwes waar sy aptekerswese gaan studeer.

Johan het met trots sy doelwit bereik en spog met ses onderskeidings. “Ek was uit my vel uit van opgewondenheid en kon weer vir die eerste keer behoorlik asemhaal nadat ek my uitslae ontvang het,” sê hy. Vir Johan was fisiese wetenskap ‘n riller van ‘n vraestel, maar die rekenaartoepassingstegnologievraestel ‘n lied. “My raad aan die gr. 12’s van 2015 is: waardeer die onderwysers en die ekstra myl wat hulle bereid is om vir jou te loop. Woon die ekstra klasse by, al steek die son skaars sy kop uit. Die spreekwoord is nie verniet, the early bird catches the worm nie,” is die wyse woorde van Johan.
Hy verruil die platteland vir die stadsliggies van Pretoria waar hy B.Sc geologie aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer. “Ek sien uit daarna om my nuwe lewenshoofstuk met albei hande aangegryp en na die onafhanklikheid wat studentelewe bied.”

“Ons het gehoop vir sewe onderskeidings. Afrikaans was vir Hanru ‘n uitdagende vraestel, maar ons is trots en vol vreugde oor sy agt welverdiende onderskeidings,” sê ‘n trotse Rudolf de Vos, Hanru se pa. Wiskunde was sy gunsteling vak op skool en is een van die redes waarom hy besluit het om ‘n gekwalifiseerde forensiese en geoktrooieerde rekenmeester te word. Hy het klaar vertrek na die Universiteit van Noordwes se Potchefstroom-kampus, waar hy reeds die avonture van studentwees aanpak.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



