POLOKWANE – Akademie Reformia het Maandagoggend hul deure geopen by die skool se nuwe perseel in Akademiestraat.
Die nuwe jaar het nie net ‘n nuwe perseel ingehou nie, maar ook ‘n nuwe onderwyser.
Annemie Redelinghuys het ingeskakel as die gr. 4-klas se nuwe onderwyser.
“Die kinders in my klas is regtig oulik en gewillig om te leer,” het sy aan Review vertel.
“Ek voel baie positief oor die nuwe jaar en sien uit daarna om deel van die Akademie Reformia-familie te word,” het sy bygevoeg.
Redelinghuys het nege jaar onderwysondervinding en ‘n B.Ed-grondslag agter haar naam. Sy het in 2006 haar honneursgraad in leerderondersteuning aan die Universiteit van Noordwes voltooi. Sy was ook vir ‘n paar jaar betrokkke by remediërende onderwys in Polokwane.



