MOKOPANE – DIE atlete van Hoërskool Piet Potgieter het mekaar Dinsdag behoorlik opgekeil tydens die skool se interhuisbyeenkoms en vasberade gewys hulle gaan moeilik die interhoërbeker vanjaar aan ‘n ander skool afstaan.
Die senior Victor Ludorum was Marnus Uys en die senior Victrix Ludorum Soretha Kruger. CG Kruger was die junior Victor Ludorum en Anje de Wet het die junior Victrix Lodurum-beker opgeraap.
Die top tien atlete was Marnus Uys, Mirieck Griessel, Luzaan Taljaard, Soretha Kruger, Ashley Coleman, Tshego Nkwe, Anje de Wet, David Mofomme, Johnty Darvall en Cynthia Lebelo.
Die witspan het koning gekraai met 745 punte, gevolg deur die oranjespan met 622 punte. Die groenspan het 553 punte ingepalm en die blouspan 528.
Hierby foto’s van die aksie op die baan en veld.



