NewsSchools

CVO-leerders sien uit na 2015

DIE CVO-skool Potgietersrus spog hierdie jaar met 193 leerders van gr. 00 tot gr. 12.

MOKOPANE – DIE CVO-skool Potgietersrus spog hierdie jaar met 193 leerders van gr. 00 tot gr. 12.

Die jaar het op ‘n hoogtepunt afgeskop met die groentjiekamp wat verlede naweek aangebied is. Die tema van die kamp was, Vat so Seerower Vat so.

Die gr. 8-leerders is as die swabbies gedoop en hulle moes die matrieks as kwartiermeesters aanspreek. Die kwartiermeesters het die swabbies gou touwys gemaak oor hoe dinge by dié skool gedoen word.

“Baie sterkte aan die groentjies. Ons glo julle sal baie gou deel wees van die CVO-familie. Aan die gr. 12’s, baie sterkte met die IEB eksamen. Ons vertrou dat daar uitstaande prestasies gaan wees. Gee elke dag net jou beste en jy sal sukses behaal,” het Jan Harmse, skoolhoof, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button