NewsSchools

Nuwe gelukbringer vir die Triegies

Laerskool Louis Trichardt spog met 'n splinternuwe gelukbringer, 'n duiker, wat hulle verlede Woensdag verras het met 'n besoek.

LOUIS TRICHARDT – Laerskool Louis Trichardt spog met ‘n splinternuwe gelukbringer, ‘n duiker, wat hulle verlede Woensdag verras het met ‘n besoek.

Hierdie gelukbringer is egter op “streng voorwaardes” op die skoolterrein toegelaat.

Skoolhoof Louis Linde het gesê hy sou slegs die gelukbringer toelaat om ‘n permanente plek by die skool in te neem indien die leerders hard werk en elkeen ten minste een sportsoort beoefen.

Hy het gesê hy sal na die eerste kwartaal besluit of hy die duiker permanent sal verwelkom of nie.

Intussen het die verteenwoordigende leerlingraad (VLR) aangekondig dat hulle ‘n kompetisie sou loods om vir die duiker ‘n gepasde naam te gee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button