NewsSchools

Triegies speel weer

Die verteenwoordigende leerlingraad (VLR) van Laerskool Louis Trichardt het met 'n pragtige inisiatief na vore gekom wat pouses aansienlik meer prettig kan maak.

LOUIS TRICHARDT – Die verteenwoordigende leerlingraad (VLR) van Laerskool Louis Trichardt het met ‘n pragtige inisiatief na vore gekom wat pouses aansienlik meer prettig kan maak.

Die VLR het koppe bymekaargesit om te sien hoe hulle die skooljaar kan verbeter en besef dat die skool se leerders nie meer speel tydens pouses nie.

“Almal sit rond op die skoolterrein en ons moet iets doen om hierdie probleem aan te spreek,” het een van die VLR-lede, onderhoofseun Franco Knoetze, aan Review verduidelik.

“Die leerders moet leer om weer te speel. Niemand spring meer tou of rek nie en hulle weet nie eens hoe om met tolle of albasters te speel nie.”

Die plan waarmee die leiers vorendag gekom het, was om springtoue, balle en rekke beskikbaar te stel aan die leerders tydens pouses. Hulle het ook voorgeneem om demonstrasies te lewer oor hoe om meer tradisionele speletjies te speel.

“Kort voor lank sal al wat ‘n Triegie is weer vaardig, fiks en rats wees,” het Franco gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button