POLOKWANE – Met die aanvang van die nuwe skooljaar op 14 Januarie het nege nuwe leerkragte by Hoërskool Pietersburg aangesluit. PHS se personeel en leerders het die nuwe onderwysers op die eerste skooldag verwelkom.
Hulle is:
• Elize Bacher, ekonomiese bestuurswetenskappe en rekeningkunde vir gr. 8 en 9;
• Henk Fourie, wiskunde vir gr. 8 en 9;
• Lou-Ann Hern, Engels vir gr. 10;
• Simoné Kampherbeek, leessentrum vir gr. 8 en 9;
• Michelle Smith, Engels vir gr. 8;
• Liza Mussmann, gasvryheidsstudies vir gr. 10 tot 12;
• Sindie Naudé, tegnologie vir gr. 8 en 9;
• Pieters Schwartz, jeugwerker, en
• Esmari van den Berg, Afrikaans vir gr. 8 en 9.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



