POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) se atlete het verlede Dinsdag hul spiere opgewarm, strekoefeninge gedoen en seer gewrigte vasgeplak; gereed om mekaar opdraende te gee tydens die skool se jaarlikse sterresport-atletiekbyeenkoms.
Die atlete het in hul onderskeie ouderdomsgroepe meegeding op die baan en veld om sodoende vas te stel wie die beste van die beste is wat PHS tydens die interhoër sal verteenwoordig.
Spanuitslae:
Meisies:
1. Aarde met 385 punte.
2. Venus met 349 punte.
3. Jupiter met 346 punte.
4. Saturnus met 235 punte.
Seuns:
1. Saturnus met 404 punte.
2. Aarde met 399 punte.
3. Jupiter met 296 punte.
4. Venus met 279 punte.
PHS se skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman, het na die afloop van die byeenkoms gesê dat die atlete baie belofte getoon het.
“Ons kan nie wag om te sien wat hierdie jaar op die atletiekveld gaan oplewer nie.
“Dit was baie bemoedigend om te sien hoe die atlete nie toegelaat het dat die hitte hul geesdrif of deursettingsvermoë demp nie,” het sy gesê.



