POLOKWANE – Menige hegte bande is al in die wêreld se geskiedenis om die kospotte gesmee, daarom het Suikerbekkie Kleuterskool Saterdag ‘n bak-en-brou oggend aangebied.
“Die bak-en-brou oggend was nie net ‘n fondsinsamelingsgeleentheid nie, maar ook ‘n kans vir die kleuters om lekker met hul ouers saam te werk. Dit was die ideale geleentheid vir gesinne om mekaar beter te leer ken,” het Annalene Wagner, skoolhoof, gesê.
Janica Bothma Ehlers van Little Cooks Club het die kosmaaksessie aangebied en deelnemers gewys hoe om heerlike cake pops en soesji-broodjies met kaas en biltong te maak.
Die cake pops is versier met gesmelte sjokolade en die kleuters het die kooksessie, en natuurlik die proe daarna, baie geniet.



