LOUIS TRICHARDT – Laerskool Louis Trichardt het op 23 Januarie hul interhuis-atletiekbyeenkoms aangebied waar die skool se atlete teen mekaar meegeding het.
Die leerders wat nie aan enige atletiekitems deelgeneem het nie, het skouer-aan-skouer in spanverband op die pawiljoen gesit en hul maats op die atletiekveld aangemoedig.
Die atlete het ook in hierdie spanverband deelgeneem
Spanuitslae:
1. Groenspan met 416 punte.
2. Rooispan met 385 punte.
3. Geelspan met 378 punte.
4. Blouspan met 298 punte.
Spesiale toekennings:
• Senior Victor Ludorum, Franco Knoetze;
• Senior Victrix Ludorum, Tebogo Masakela;
• Junior Victor Ludorum, Junior Bessong, en
• junior Victrix Ludorum, Danika Knoetze.
Rekords:
• Fransuné Venter, gewigstoot vir meisies o/11 met 8,77 m.
• Modjadji Sefole, hoogspring vir meisies o/12 met 1,32 m.
• Dewald van Graan, hoogspring vir seuns o/12 met 1,44 m.
• Franco Knoetze, 100 m vir seuns o/13 in 12,4 sekondes.
• Franco Knoetze, gewigstoot vir seuns o/13 met 10,3 m.
• Franco Knoetze, werpskyf vir seuns o/13 met 36,72 m.
• Mudodzwa Luvha, verspring vir seuns o/13 met 5,25 m.



