NewsSchools

Maak ‘n verskil in die lewe van ‘n ander

"FEBRUARIE is die maand van liefde. Deur bloed te skenk kan jy jou liefde deel met mense wie jy dalk nooit sal ontmoet nie. Waar jy 'n verskil in die lewe van ander kan maak," sê Vanessa Raja, kommunikasiebestuurder van Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SANBD).

“FEBRUARIE is die maand van liefde. Deur bloed te skenk kan jy jou liefde deel met mense wie jy dalk nooit sal ontmoet nie. Waar jy ‘n verskil in die lewe van ander kan maak,” sê Vanessa Raja, kommunikasiebestuurder van Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SANBD).

Van die gr. 10 tot 11-leerders van Hoërskool Piet Potgieter het dadelik ingespring en op Dinsdag in die skoolsaal gaan bloedskenk.

Volgens ‘n mediaverklaring van die SANBD het die Januarie bloedvoorraad in sommige provinsies gedaal tot onder ‘n dag se voorraad en die gemiddeld vir die maand was slegs twee dae. Die SANBD doen ‘n beroep op die publiek om by die bloedskenkgemeenskap aan te sluit en om minstens vier keer per jaar te skenk.

Behalwe dat Februarie die maand van liefde is, is dit ook gesonde-leefstyl bewusmakingsmaand en SANBD ondersteun en moedig Suid-Afrikaners aan om aandag aan hulle gesondheid te skenk. Gaan vir gereelde mediese ondersoeke en beheer jou stresvlakke.

Die behandeling van die meerderheid van siektes benodig bloedoortappings. Die toename in geaffekteerde pasiënte beteken ‘n toename in bloedskenkings.

Om jou naaste bloedskenksentrum te vind gekontak die SANBD by 0800 11 9031 of gaan loer op hul webblad by www.sanbs.org.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button