POLOKWANE – Die T20-krieketspelers van die Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede Woensdag teen die span van Curro Heuwelkruin te staan gekom in die Coca-Cola T20-reeks.
Die wedstryd het op PHS se tuisveld plaasgevind.
PHS se kolwers het eerste gekolf en het verskeie grenshoue geslaan.
PHS het 193 lopies vir die verlies van vier paaltjies in hul toegelate 20 beurte aangeteken.
Curro Heuwelkruin se kolwers kon net nie die aanslag van PHS se boulers stuit nie en het 156 lopies vir die verlies van ses paaltjies in hul toegelate 20 beurte aangeteken.
PHS het die wedstryd met 37 lopies gewen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



