POLOKWANE – Sewe skaakspelers van die Laerskool Pietersburg het van 3 tot 7 Januarie aan die Suid-Afrikaanse junior skaakkampioenskappe in Kimberley deelgeneem as deel van die Limpopo-skaakspan.
Die spelers het in verskillende ouderdomsgroepe deelgeneem en elke speler het sewe wedstryde gespeel.
Christelle Swart, Justin Basson, Simoné de Villiers en Marilene van den Berg het in die o/10-afdeling deelgeneem.
Carla Wiers het in die o/12-afdeling deelgeneem.
Johan Swart en Bernardus de Villiers het in die o/14-afdeling deelgeneem.
Limpopo se 0/14-span het ook algeheel tweede geëindig in die kampioenskappe en die spelers het elk ‘n trofee gewen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



