LOUIS TRICHARDT – Hoërskool Louis Trichardt het op 22 Januarie hul jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms op die skool se Leeupark-sportgronde aangebied.
Die aanvanklike koue reënweer het nie die atlete of toeskouers verhoed om ‘n heerlike dag langs die atletiekveld deur te bring nie.
Die atlete het al vroeg-vroeg begin opwarm om beserings te voorkom en daarna laat wiel.
Op die pawiljoen het die drie skoolspanne, Asterix in rooi, Obelix in blou en Getafix in wit, se toeskouers bakvas gesit.
Hulle het gesorg vir groot vermaak deur spanliedjies te sing en die atlete luidkeels te ondersteun.
Aan die einde van die dag was almal pootuit, want die reën het gou opgeklaar en die helder son het sy gesig uitgesteek. Uiteindelik was dit ‘n snikhete dag op die baan en veld.
Trofeëwenners:
• Iné du Plessis, beste meisiesbaanatleet;
• Jonandi Aucamp, beste kortafstandatleet;
• Jenicka Pohl, beste veldatleet;
• Rendani Ndlovhada, beste hekkiesatleet, en
• Thabelo Maiwashe, beste seunsbaanatleet.



