NewsSchools

Zouties wys hulle is ‘bokke vir sports’

Die CVO-skool Zoutpansberg in Louis Trichardt het Vrydag hul bokkesport-atletiekbyeenkoms aangebied.

LOUIS TRICHARDT – Die CVO-skool Zoutpansberg in Louis Trichardt het Vrydag hul bokkesport-atletiekbyeenkoms aangebied.

Die leerders het vertel dat hulle die atletiekitems en die geesvang op die pawiljoen baie geniet het.

Die ouers en ander ondersteuners was net so opgewonde soos die leerders en het nie geskroom om hul kroos aan te moedig en by te staan nie.

Die leerders is in twee spanne verdeel; koedoes en gemsbokke.

Die koedoes het die atletiekbeker gewen met 984 punte en ook weggestap met die sangbeker. Die gemsbokke was kort op die hakke van die koedoes met 940 punte.

Spesiale toekennings:

• Senior hoërskool Victrix Ludorum, Melissa Stemmet;

• Senior hoërskool Victor Ludorum, Hennie Badenhorst;

• Junior hoërskool Victrix Ludorum, Andrea Badenhorst;

• Junior hoërskool Victor Ludorum, Kyle Vollgraaff;

• Senior laerskool Victrix Ludorum, Luné Robbertze, en

• senior laerskool Victor Ludorum, Douwe Steyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button