NewsSchools

PLS se sterrekenners kry erkenning

Vier oudleerders van Laerskool Pietersburg het verlede Vrydag weer by die skool 'n draai gemaak sodat hulle gelukgewens kon word met pragprestasies wat hulle verlede jaar bereik het

POLOKWANE – Vier oudleerders van Laerskool Pietersburg het verlede Vrydag weer by die skool ‘n draai gemaak sodat hulle gelukgewens kon word met pragprestasies wat hulle verlede jaar bereik het.

Charlize Olivier, Liezl Schoeman, Poena van Wyk en Chris van der Walt was verlede jaar in gr. 7 en het PLS se AstroQuiz-span opgemaak. Hulle het as Limpopo-wenners uit die stryd getree en uiteindelik algeheel tweede gekom in die nasionale ronde van hierdie astrologie-vasvraekompetisie.

Die AstroQuiz-uitdunronde in Limpopo is deur die Universiteit van Limpopo aangebied onder leiding van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir die Bevordering van Wetenskap en Tegnologie en Nasionale Navorsingsinstituut.

Sandile Rikhotso en Annalize Potgieter van die department wetenskap van die Universiteit van Limpopo, assook Peter Mukwevho, ‘n verteenwoordiger van die departement van onderwys het die vier leerders verlede Vrydag by PLS gaan gelukwens met hulle prestasies.

Skoolhoof Peet Bredenkamp het ook breëbors gestaan oor die prestasies van PLS se slimkoppe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button