NewsSchools

Heuwelkruin-liefde

Getooi in mooi rokke en netjiese hemde met 'n strikdas hier en daar, staan die leerders nader en kuier in groepies voor die skoolsaal.

POLOKWANE – Die son begin net in die weste sak toe gr. 8- en 9-leerders van Curro Heuwelkruin by die skoolsaal begin opdaag vir hulle Valentynsdans verlede Woensdag.

Getooi in mooi rokke en netjiese hemde met ‘n strikdas hier en daar, staan die leerders nader en kuier in groepies voor die skoolsaal.

Een leerder, Ruben du Plessis, loop met ‘n groot bos blomme rond. Skielik verhelder sy gesig toe hy sy afspraak vir die aand, Chané Steyn, raaksien. Skaam gee hy vir haar die ruiker en ‘n groot plak sjokolade.

Met ‘n stywe drukkie sê sy skamerig “dankie” voor die twee glimlag vir ‘n foto.

Die twee verduidelik dat Valentynsdag belangrik is, ‘n geleentheid vir vriendskap en liefde om te floreer.

(MEER FOTO’S)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button