NewsSchools

‘Hippies’ se dag van liefde

Die leerders van Hoërskool Pietersburg het verlede Vrydag die glorie van die blommekind-era herroep

POLOKWANE – Die leerders van Hoërskool Pietersburg het verlede Vrydag die glorie van die blommekind-era herroep tydens die skool se Valentynsdagvieringe.

Verskeie interessante aktiwiteite is in die gr. 11-blok aangebied insluitend waterballongooi-kompetisies, speed dating en selfs blinde afsprake.

Die leerders het indrukwekkend gelyk in hul helderkleurige hippie- uitrustings. Daar was ook genoeg eet- en drinkgoed te koop om selfs die vurigste honger te stil en dors te les en Kobus Dippenaar van die musiekgroep Kat se Snor het die vermaak verskaf.

Kobus het die leerders met sy musiek vermaak en ook ‘n paar seuns teen mekaar laat meeding. Die seuns moes liedjies sing en die wenners het CD’s vir hul meisies gewen.

(FOTO’S)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button