NewsSchools

‘n Valentynsdag vir elke Kruinie-groep

Curro Heuwelkruin se hoof, Eben Lingenfelder, en sy personeel het vanjaar 'n plan gemaak en vier verskillende Valentynsvieringe by die skool aangebied.

POLOKWANE – Om ‘n groot groep leerders van drie tot 18 jaar almal tegelykertyd tevrede te stel is ‘n byna onbegonne taak.

Daarom het Curro Heuwelkruin se hoof, Eben Lingenfelder, en sy personeel vanjaar ‘n plan gemaak en vier verskillende Valentynsvieringe by die skool aangebied.

Verlede Dinsdag het die laerskoolleerders hul Valentynsdans bygewoon en groot pret op die dansvloer gehad.

Die dag daarna het die gr. 8- en 9-leerders hul romantiese spiere gebult tydens hul Valentynsdans verlede Woensdag.

Die gr. 10- tot 12-leerders het verlede Vrydagaand opgetof en op die vooraand van Valentynsdag die aand saam geniet.

Die kleuterskool on grondslagfase se leerders het nie vergete gebly nie en hulle het verlede Vrydag nie net spesiale Valentynsklere aangetrek nie, maar ook piekniek gehou en heerlike speletjies gespeel.

Na ‘n besige week kon Curro Heuwelkruin se personeel hulself op die skouer klop omdat hulle gesorg het dat elke ouderdomsgroep by die skool ‘n heerlike Valentynsdag beleef het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button