MOKOPANE – DIE skoolsaal van Hoërskool Piet Potgieter was met bloedrooi harte versier en die leerders deftig geklee vir ‘n onvergeetlike Valentynsokkie verlede Woensdag.
Die aand het afgeskop met ‘n volgepakte dansbaan, die gelag van die leerders en honderde selfoon flitse van al die selfies wat geneem word.
Die sokkie het op ‘n hoë noot geëindig met die kroning van ‘n junior en senior Mnr. en Mej Valentyn.
Die stemme van die leerders is getel en Melissa Kempen en Nickie Oosthuizen in gr. 9 is gekroon as junior Mej. en Mnr. Valentyn en Gaby Nel en Eric Kotze in gr. 12 verower die gesogte titel as senior Mej en Mnr Valentyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.