NewsSchools

PHS klop Kempton in prestige reeks

Hoërskool Pietersburg (PHS) se o/15A-krieketspan het Saterdag teen Hoërskool Kemptonpark te staan gekom in 'n 50-beurt Finsbury-wedstryd op PHS se krieketvelde.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) se o/15A-krieketspan het Saterdag teen Hoërskool Kemptonpark te staan gekom in ‘n 50-beurt Finsbury-wedstryd op PHS se krieketvelde.

Hoërskool Kemptonpark het eerste gekolf, maar was glad nie opgewasse teen PHS se boulers nie. Kemptonpark se kolwers is almal uitgeboul binne 30 boulbeurte en kon slegs 111 lopies aanteken.

Junior Snyman het uitstekende boulwerk gelewer vir die span van PHS. Hy het vier paaltjies geneem en slegs 42 lopies afgestaan.

Tydens PHS se kolfbeurt het hulle glad nie gesukkel om die span van Kemptonpark te laat les opsê nie. PHS het die nodige lopies om te wen binne 16 boulbeurte aangeteken en die wedstryd met nege paaltjies gewen.

Dian Forrester het 75 lopies, nie uit nie, vir PHS aangeteken.

Anna-Marié Schoeman, PHS se skakelbeampte, het vertel dié o/15A-krieketspan is tans saam met twee ander spanne in die eerste plek van die Finsbury-skolekrieketreeks.

“Ons wag vir bevestiging oor wat verder in hierdie reeks moet gebeur,” het sy gesê.

“Ons wens die seuns, hul afrigter Ben Benzien, en al die ouers hartlik geluk met hierdie oorwinning oor Kemptonpark.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button