NewsSchools

Kampkaskenades in Osies se tentedorp

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se gr. 4- tot 6-leerders het verlede Vrydagaand kamp opgeslaan op die skool se sportvelde tydens hul gewilde jaarlikse tentedorp-byeenkoms.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se gr. 4- tot 6-leerders het verlede Vrydagaand kamp opgeslaan op die skool se sportvelde tydens hul gewilde jaarlikse tentedorp-byeenkoms.

Die Osies het hulle tente, flitse, slaapsakke en sakgeld ingepak om die nag by die skool saam te geniet.

Ouers en personeellede het ‘n wakende ogie gehou en hand bygesit om die tente op te slaan.

Hierdie jaarlikse geleentheid is ‘n hoogtepunt op die skool se sosiale ka-lender en leer die kinders meer oor verantwoordelikheid.

Fondse wat tydens hierdie kampgeleentheid ingesamel word, word elke jaar deur die gr. 7’s gebruik om ‘n afskeidsgeskenk vir die skool te koop.

“Ons wil graag vanaand deurnag en spookstories vertel,” het Cara Beukes, een van die leerders gesê.

Cara het ook bygevoeg dat sy baie daarna uitsien om die aand saam met haar groepie vriendinne deur te bring.

Die leerders het die aand baie geniet en speletjies soos mini-krieket gespeel. Van die leerders het ook heerlik gedans en baljaar op die sportveld op die maat van hulle gunsteling musiek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button